A companion video to lesson 5 of the same series that answers the following questions: Hoe kan ons die vaardighede ontwikkel wat ons nodig het om die oorspronklike betekenis van Bybelse gedeeltes te verstaan? Wat is die korrekte manier om Griekse en Hebreeuse woordeboeke te gebruik wanneer ons die Bybel interpreteer? Waarom is dit belangrik om die genre van 'n Bybelse boek te identifiseer? Hoe verskil die Hervormers se benadering tot interpretasie van die Quadriga? Aangesien baie vroege Christene die Bybel "spiritueel" eerder as "letterlik" geïnterpreteer het, is daar enige voordeel om hul interpretasies te lees? Hoe het Paulus allegoriese interpretasie in sy skrywes gebruik? Waarom is dit belangrik om te onderskei tussen die Skrif self en ons toepassings van die Skrif? Hoe help Jesus se onderrig oor die gebod teen moord ons om God se gebode in Eksodus hoofstuk 20 beter te verstaan? Wat is 'nige legitieme kontemporêre toepassings van die gebod teen moord? Hoe kan ons wettisisme vermy wanneer ons die gedragsimplikasies van die Skrif beklemtoon?
